Olimpiese Winterspele 1976

XIIe Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1976

Gehou in Innsbruck, Oostenryk
Deelnemende lande 37
Deelnemende atlete 1 123 (892 mans, 231 vroue)[1]
Items 37 in 6 sporte
Openingseremonie 4 Februarie 1976
Sluitingseremonie 15 Februarie 1976
Amptelik geopen deur President Rudolf Kirschschläger
Atlete-eed Werner Delle-Karth (bobslee)
Beampte-eed Willy Köstinger (Noorse kombinasie)
Olimpiese vlam Christl Haas en Josef Feistmantl
Vorige Spele 1972: Sapporo (Japan)
Volgende Spele 1980: Lake Placid (VSA)

Die Olimpiese Winterspele 1976 (Duits: Olympische Winterspiele 1976), amptelik bekend as die XIIde Olimpiese Winterspele, is tussen 4 en 15 Februarie 1976 in Innsbruck, Oostenryk, aangebied. Die spele is aanvanklik aan Denver, Colorado, in die Verenigde State toegeken. As gevolg van die finansiële- en omgewingsimpak besluit die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) later om die Spele aan Innsbruck toe te ken (soos in 1964).

Die Olimpiese Somerspele 1976 is in Montreal, Kanada, aangebied. Die Paralimpiese Winterspele 1976 is tussen 21 en 28 Februarie in Örnsköldsvik, Swede, gehou.

  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search